Posts

Showing posts from April, 2019

'n Dekade is verby

Image
Jis pappa, vandag is dit al tien jaar. Vir 'n dekade lank is jou stem en jou lag stil hier op aarde. Vir 'n dekade lank lê jou plaas se landery nog net soos jy hulle gelos het. Vir 'n dekade lank roep daai leiklip grondpad na jou, roep die klippies om weer onder jou bakkie se wiele te knetter. Die stukkies draad waarmee jy en Shadrak die heining reg gemaak het begin verweer. Di's asof hulle gereed is om te laat gaan, om los te skiet en vry te breek en om alles wat beskermend binne gehou was vir soveel jare te laat loop, te laat hardloop. Hulle besef hulle baas gaan nie terug kom nie en hulle is gereed om finaal afskeid te neem. Metaal moegheid oor die laaste tien jaar is besig om my draadjies stadig maar seker swakker en swakker te maak, die ding is pappa, ek wou probeer om my heining sterk te hou vir jou, maar jy gaan nie terug kom nie gaan jy? Sien, dalk moet dit breek?  Miskien moet my heining swak raak sodat ek kan sterk word? Dalk moet hy platval sodat dié wa