Die Skou
Die Skou Di’s ‘n koelerige Dinsdagaand in April 1996. Oor net minder as twee weke begin die dorp se skou en in elke huishouding loop die opwinding hoog,. In Loeriestraat 45 word die blink oë en glimlagte gekonfronteer deur die gedagte van tannie Corneli wat verlede jaar dronk op die swaaie geklim het en toe die hemele ingeskiet het nadat n swak skakel in haar swaai ketting gebreek het. Hulle het haar ses ure later in die teerpad gekry en haar met ‘n waslap opgevee. Hierdie jaar is ons ‘n groot groep wat saam skou toe gaan, ek is ses jaar oud en my ma het gesê ek mag vir Pietertjie, my heel beste maatjie, saambring. Ouma Lien het op die TV gesien dat daar hierdie jaar ‘n skip in die pretpark gaan wees wat mense rustig vorentoe en agter laat swaai. Sy het toe gereken dat dit die ideale rit vir ouer mense is en dat sy, oom Kasper, tannie Vallery en haar man, oom Kassie, hom saam gaan doen. Twee weke vlieg vining verby en uiteindelik breek die groot dag aan. Dit is Saterdag die 25