Posts

Showing posts from March, 2019

"Jy weet nie van swaarkry nie, jy's bederf"

Image
Ek is vandag nou al vier jaar in die buiteland en tot op hede het ek nog nie 'n enkele sent gespaar nie. Dit is vreemd as ek daaraan dink want ek het die grootste gedeelte van my lewe as kind omgebring by ouma Lien. Daai vrou spaar nou al van Genesis 1 af en tot vandag toe kon sy nog nie 'n rondawel vakansie vir twee by Buffelspoort bekostig nie. In die middae as ek van die skool af kom het sy altyd 'n heerlike gebakte eieirtjie op toast gemaak, die rand van die eier was altyd bietjie gebrand en die brood was nie getoast nie. Partykeer het sy dit afgewissel met 'n snytjie polony en 'n lekker yskoue glas Tweeza. Na die tyd moes ek haar help om die skottelgoed te was. Dit het altyd 'n helse fokken oproer in Loeriestraat 45 veroorsaak want die "geiser" is af deur die dag sodat ons R9 per maand op elektrisiteit kon spaar en dan moet die ketel gekook word sodat die skottelgoed in warmwater gewas kon word.  Die "sunlight liqui