Posts

Showing posts from April, 2020

Ouma Lien in Lockdown

Image
Dit is Donderdag, 27 Maart 2020 en ouma Lien sit by haar eetkamer tafel met haar een hand in haar hare terwyl sy goedjies neerskryf in 'n boekie. Langs haar op die tafel lê: veertien pakke White Costas Candles, 'n pak Faithful to Nature toilet papier, 'n pak Lion vuurhoutjies, twee walkie-talkies, die Bybel, Fifty Shades of Grey en 'n bottel Jeyes Fluid.  Haar potlood se punt breek, sy laster deur haar tande, en toe lui die voordeur klokkie. Stoffel is heel mal en blaf my ore van my kop af. Van uit my kamer skreeu Britney Spears "That's my prerogative,"  "Sit sagter daai Satang kak" gil ouma Lien toe sy opstaan om voordeur toe stap. Ek loer deur my venster en sien 'n lid van Suid Afrikaanse weermag voor ons deur staan. "Môre Doreen" hoor ek vir ouma Lien sê toe sy die deur oopmaak.  Ouma Lien en tannie Doreen het in die 90's saam Nasionaal gestem en aan die Core Club piramide skema behoort en toe net ná Mandela as president verk