Posts

Showing posts from January, 2021

Die Grootmense Gaan Dans / The Grace Baptist Church Potluck

Image
Die Grootmense Gaan Dans Die jaar is 1998. Dit is ‘n ongemaklike warm somer  Saterdag middag. Ek en Stoffel lê op die sitkamer mat en kyk Die Kind van die Sterre. My pa is besig met sy vierde Olofberg, ek weet dit want hy het Steps se CD in die kombuis aangesit . My ma maak gekookte eiers, hoenderboudjies en klein driehoek broodjies wat sy in ‘n picnic mandjie pak. Ek’t laas sulke kossies geeet by tannie Tossie se begrafnis. Die Here het haar kom haal nadat sy en oom Loekie gemeenskap gehad het in die parkeer area voor die kerk. Ek’t my ma gevra wat is gemeenskap toe sê sy  dit is wanneer mens met vuur speel en toe knik ek my koppie en gooi n roosblaartjie op tannie Tossie se kis en vat my mamma se hand. Inelkgeval,  my ma hulle het reg gemaak om vanaand Perdeskoen toe te gaan. Eenkeer ‘n maand  het Klerksdorp Hotel ‘n vastrap gereël in ‘n groot saal net buite die dorp, uit op die Palmietfontein pad. Ek was veronderstel om by ouma Lien te gaan slaap maar sy en oom Eugene gaan ook P