Posts

Showing posts from November, 2018

Geloofsbeproewing in die Driveway

Image
Die Jetta Ek was sewe. Dit was ‘n groot oomblik vir ouma Lien gewees. Ons is Essops toe om lap te koop vir ‘n nuwe bloes, het patrone by Ansie Trusello gaan oplaai en by Jet skoene op rekening gevat, want oor twee weke gaan ouma Lien haar nuwe kar gaan haal en sy wil soos ‘n “million dollars” lyk. Intussen ry sy nog met haar rooi Audi rond. Dit is dieselfde Audi waarmee Rut en Naomi van die bybel vir Boas opgelaai op pad koring lande toe. Daai kar was groter as die Suez Kanaal. Tydens familie reünies het ek, my ma, ouma Bettie, Stoffel, Miriam, die spysenierings personeel en die pleegsorg kind almal in die Audi geklim en die lang pad aangedurf. Dit was altyd ‘n helse fokken oproer om almal uit die kar uit te kry. My ma is ernstig besig in die truspieël met plastiese snykunde en finale grimmering opknappings, die pleegsorg kind steel Miriam se selfoon, ouma Bettie se oë is vol trane want vir die afgelope tien jaar is elke reünie haar laaste een, en uit vrees be

Maandae by Ouma Lien

Vroeg  Oggend Dit was 1995, ek was vyf en vet, maar mooi, en my ma het verslaap. Haar “pager” het alweer nie afgegaan nie. Dit was ook ‘n Maandag, so ou vieslike Ford Cortina blou ene. Maandae het my op vyf jaar oud al laat voel soos tannie Frieda in 'n AGS kerk, verward, bang en ongemaklik.  My ma is besig om reg te maak vir werk en ek kyk Takalani Sesame want ons het nie geld gehad vir Mnet nie. Vannuit die kamer hoor ek 'n gil wat my hoendervleis tot in my siel in gee. “Ek kom!” antwoord ek terug in Zulu want dit is wat tannie Thandi vandag die maatjies geleer het op TV.  Ons woonstelletjie ruik soos Red Square en ek sien my ma is vandag nader aan die Here want haar hare grens aan die hemel poorte. Ons klim in die Fiat. Di's 'n koue oggend, so die Fiat vat nie. "Trek die choke uit mamma" sê ek. Red Square sit hom in eerste, sy trek weg, my kop stamp hard terug teen die koplening en ek breek my nek op drie plekke! Daar word nie dood g