Posts

Showing posts from January, 2019

Hoërskool

My hoërskool was 'n ontsettende interessante plek gewees.  Elke oggend om 7:05am het ek en my ma voor die skoolhek stilgehou, net agter Armarscha Lotter en haar ma. Sy het op 'n plaas net buitekant die dorp gebly. Haar ma was 'n stoet boere tannie en was getroud met Hestrie Cloete. Die tannie is vandag op pad na 'n veiling toe want agter op die bakkie staan 'n ou trousseau kis, 'n hangkas, twee kallers en Armarscha. Armarscha spring toe af en saam met haar het sy 'n sak sorghum waarmee sy gaan woeker by die koekverkoping tydens tweede pouse. Halfpad by die skool in kry ek vir Frederik en Wimpie my twee beste maatjies. Dit is 'n Maandag so ons gaan sit ons tasse op die aantreeblad neer en stap saal toe vir die amptelike opening van die week. Dominee Steyn staan voor op die verhoog en wag vir almal om te gaan sit. Hy het as kind vier keer polio gehad en sy onderlip het effens gehang na 'n beroerte in 2007. Die liewe Heer het hom al kom haal en

Meneer Maghiel Lottering

Image
Meneer Maghiel Lottering In my skooltjie het ons ‘n ontsettende, vreemde ou meneer met ‘n verskriklike interessante styl van menswees. Ek belowe, jy het nog nie in jou lewe so iets teëgekom nie. In die oggende vroeg doen ek ‘n noodstop voor die skool en trek die handbriek op sonder om die knoppie te druk want ek is altyd vyf minute laat. Haastig by my karretjie uit haak my bloes teen die deur vas en skeer hy op die naat, net daar waar Wanda Moolman hom twee dae terug gestik het. So in die hardloop na die hek sien ek vir Maghiel Lottering, my skooltjie se wetenskap onderwyser ook nader   gestap kom. Hy het ‘n valerige geel kerk hempie, ‘n poef groen broek en swart skoentjies aan. Hy is net net korter as ‘n naweek en dit lyk of hy aan kroniese koors lei. “Ek het nie krag hiervoor nie” dink ek by myself toe ek hom ontmoet by die hek. “Môre meneer Lottering” sê ek, “môre Susan” sê hy sonder om op te kyk. My manlikheid vat ‘n groot knak maar mamma het geleer mens moet di