Posts

Die Skou

Image
Die Skou Di’s ‘n koelerige Dinsdagaand in April 1996. Oor net minder as twee weke begin die dorp se skou en in elke huishouding loop die opwinding hoog,. In Loeriestraat 45 word die blink oë en glimlagte gekonfronteer deur die gedagte van tannie Corneli wat verlede jaar dronk op die swaaie geklim het en toe die hemele ingeskiet het nadat n swak skakel in haar swaai ketting gebreek het. Hulle het haar ses ure later in die teerpad gekry en haar met ‘n waslap opgevee. Hierdie jaar is ons ‘n groot groep wat saam skou toe gaan, ek is ses jaar oud en my ma het gesê ek mag vir Pietertjie, my heel beste maatjie, saambring. Ouma Lien het op die TV gesien dat daar hierdie jaar ‘n skip in die pretpark gaan wees wat mense rustig vorentoe en agter laat swaai. Sy het toe gereken dat dit die ideale rit vir ouer mense is en dat sy, oom Kasper, tannie Vallery en haar man, oom Kassie, hom saam gaan doen. Twee weke vlieg vining verby en uiteindelik breek die groot dag aan. Dit is Saterdag die 25...

Ouma Lien in Lockdown

Image
Dit is Donderdag, 27 Maart 2020 en ouma Lien sit by haar eetkamer tafel met haar een hand in haar hare terwyl sy goedjies neerskryf in 'n boekie. Langs haar op die tafel lê: veertien pakke White Costas Candles, 'n pak Faithful to Nature toilet papier, 'n pak Lion vuurhoutjies, twee walkie-talkies, die Bybel, Fifty Shades of Grey en 'n bottel Jeyes Fluid.  Haar potlood se punt breek, sy laster deur haar tande, en toe lui die voordeur klokkie. Stoffel is heel mal en blaf my ore van my kop af. Van uit my kamer skreeu Britney Spears "That's my prerogative,"  "Sit sagter daai Satang kak" gil ouma Lien toe sy opstaan om voordeur toe stap. Ek loer deur my venster en sien 'n lid van Suid Afrikaanse weermag voor ons deur staan. "Môre Doreen" hoor ek vir ouma Lien sê toe sy die deur oopmaak.  Ouma Lien en tannie Doreen het in die 90's saam Nasionaal gestem en aan die Core Club piramide skema behoort en toe net ná Mandela as president verk...

A Bundle of Sticks

Image
"I don't set out to be  different , I set out to be  me , people think it's different." For the last 25 years, or at least since I can remember any form of thought, I've felt different from what is expected to be the norm of living by the majority of people on this planet.  Thoughts and feelings literally grinding along the edges of my skull,  ploughing  grooves of uncertainty into my inner most being. For 25 years I've been terrified. I've been terrified to let people know who I am. I've been petrified of being gay, I've been aghast of who I am and NOT what I am. (I choose to say "who" I am instead of "what" I am because being gay is who I am, it's a part of my identity. If I had to go with "what" I'd be saying that I am nothing more than gay, period). The beautiful thing about who I am is that it's always been habitual  to  me.  What I've felt, and the thoughts I've had, had  been ...

'n Dekade is verby

Image
Jis pappa, vandag is dit al tien jaar. Vir 'n dekade lank is jou stem en jou lag stil hier op aarde. Vir 'n dekade lank lê jou plaas se landery nog net soos jy hulle gelos het. Vir 'n dekade lank roep daai leiklip grondpad na jou, roep die klippies om weer onder jou bakkie se wiele te knetter. Die stukkies draad waarmee jy en Shadrak die heining reg gemaak het begin verweer. Di's asof hulle gereed is om te laat gaan, om los te skiet en vry te breek en om alles wat beskermend binne gehou was vir soveel jare te laat loop, te laat hardloop. Hulle besef hulle baas gaan nie terug kom nie en hulle is gereed om finaal afskeid te neem. Metaal moegheid oor die laaste tien jaar is besig om my draadjies stadig maar seker swakker en swakker te maak, die ding is pappa, ek wou probeer om my heining sterk te hou vir jou, maar jy gaan nie terug kom nie gaan jy? Sien, dalk moet dit breek?  Miskien moet my heining swak raak sodat ek kan sterk word? Dalk moet hy platval sodat dié wa...

"Jy weet nie van swaarkry nie, jy's bederf"

Image
Ek is vandag nou al vier jaar in die buiteland en tot op hede het ek nog nie 'n enkele sent gespaar nie. Dit is vreemd as ek daaraan dink want ek het die grootste gedeelte van my lewe as kind omgebring by ouma Lien. Daai vrou spaar nou al van Genesis 1 af en tot vandag toe kon sy nog nie 'n rondawel vakansie vir twee by Buffelspoort bekostig nie. In die middae as ek van die skool af kom het sy altyd 'n heerlike gebakte eieirtjie op toast gemaak, die rand van die eier was altyd bietjie gebrand en die brood was nie getoast nie. Partykeer het sy dit afgewissel met 'n snytjie polony en 'n lekker yskoue glas Tweeza. Na die tyd moes ek haar help om die skottelgoed te was. Dit het altyd 'n helse fokken oproer in Loeriestraat 45 veroorsaak want die "geiser" is af deur die dag sodat ons R9 per maand op elektrisiteit kon spaar en dan moet die ketel gekook word sodat die skottelgoed in warmwater gewas kon word.  Die "sunlight liqui...