Posts

'n Dekade is verby

Image
Jis pappa, vandag is dit al tien jaar. Vir 'n dekade lank is jou stem en jou lag stil hier op aarde. Vir 'n dekade lank lê jou plaas se landery nog net soos jy hulle gelos het. Vir 'n dekade lank roep daai leiklip grondpad na jou, roep die klippies om weer onder jou bakkie se wiele te knetter. Die stukkies draad waarmee jy en Shadrak die heining reg gemaak het begin verweer. Di's asof hulle gereed is om te laat gaan, om los te skiet en vry te breek en om alles wat beskermend binne gehou was vir soveel jare te laat loop, te laat hardloop. Hulle besef hulle baas gaan nie terug kom nie en hulle is gereed om finaal afskeid te neem. Metaal moegheid oor die laaste tien jaar is besig om my draadjies stadig maar seker swakker en swakker te maak, die ding is pappa, ek wou probeer om my heining sterk te hou vir jou, maar jy gaan nie terug kom nie gaan jy? Sien, dalk moet dit breek?  Miskien moet my heining swak raak sodat ek kan sterk word? Dalk moet hy platval sodat dié wa...

"Jy weet nie van swaarkry nie, jy's bederf"

Image
Ek is vandag nou al vier jaar in die buiteland en tot op hede het ek nog nie 'n enkele sent gespaar nie. Dit is vreemd as ek daaraan dink want ek het die grootste gedeelte van my lewe as kind omgebring by ouma Lien. Daai vrou spaar nou al van Genesis 1 af en tot vandag toe kon sy nog nie 'n rondawel vakansie vir twee by Buffelspoort bekostig nie. In die middae as ek van die skool af kom het sy altyd 'n heerlike gebakte eieirtjie op toast gemaak, die rand van die eier was altyd bietjie gebrand en die brood was nie getoast nie. Partykeer het sy dit afgewissel met 'n snytjie polony en 'n lekker yskoue glas Tweeza. Na die tyd moes ek haar help om die skottelgoed te was. Dit het altyd 'n helse fokken oproer in Loeriestraat 45 veroorsaak want die "geiser" is af deur die dag sodat ons R9 per maand op elektrisiteit kon spaar en dan moet die ketel gekook word sodat die skottelgoed in warmwater gewas kon word.  Die "sunlight liqui...

Hoërskool

My hoërskool was 'n ontsettende interessante plek gewees.  Elke oggend om 7:05am het ek en my ma voor die skoolhek stilgehou, net agter Armarscha Lotter en haar ma. Sy het op 'n plaas net buitekant die dorp gebly. Haar ma was 'n stoet boere tannie en was getroud met Hestrie Cloete. Die tannie is vandag op pad na 'n veiling toe want agter op die bakkie staan 'n ou trousseau kis, 'n hangkas, twee kallers en Armarscha. Armarscha spring toe af en saam met haar het sy 'n sak sorghum waarmee sy gaan woeker by die koekverkoping tydens tweede pouse. Halfpad by die skool in kry ek vir Frederik en Wimpie my twee beste maatjies. Dit is 'n Maandag so ons gaan sit ons tasse op die aantreeblad neer en stap saal toe vir die amptelike opening van die week. Dominee Steyn staan voor op die verhoog en wag vir almal om te gaan sit. Hy het as kind vier keer polio gehad en sy onderlip het effens gehang na 'n beroerte in 2007. Die liewe Heer het hom al kom haal en...

Meneer Maghiel Lottering

Image
Meneer Maghiel Lottering In my skooltjie het ons ‘n ontsettende, vreemde ou meneer met ‘n verskriklike interessante styl van menswees. Ek belowe, jy het nog nie in jou lewe so iets teëgekom nie. In die oggende vroeg doen ek ‘n noodstop voor die skool en trek die handbriek op sonder om die knoppie te druk want ek is altyd vyf minute laat. Haastig by my karretjie uit haak my bloes teen die deur vas en skeer hy op die naat, net daar waar Wanda Moolman hom twee dae terug gestik het. So in die hardloop na die hek sien ek vir Maghiel Lottering, my skooltjie se wetenskap onderwyser ook nader   gestap kom. Hy het ‘n valerige geel kerk hempie, ‘n poef groen broek en swart skoentjies aan. Hy is net net korter as ‘n naweek en dit lyk of hy aan kroniese koors lei. “Ek het nie krag hiervoor nie” dink ek by myself toe ek hom ontmoet by die hek. “Môre meneer Lottering” sê ek, “môre Susan” sê hy sonder om op te kyk. My manlikheid vat ‘n groot knak maar mamma het geleer mens moe...

Geloofsbeproewing in die Driveway

Image
Die Jetta Ek was sewe. Dit was ‘n groot oomblik vir ouma Lien gewees. Ons is Essops toe om lap te koop vir ‘n nuwe bloes, het patrone by Ansie Trusello gaan oplaai en by Jet skoene op rekening gevat, want oor twee weke gaan ouma Lien haar nuwe kar gaan haal en sy wil soos ‘n “million dollars” lyk. Intussen ry sy nog met haar rooi Audi rond. Dit is dieselfde Audi waarmee Rut en Naomi van die bybel vir Boas opgelaai op pad koring lande toe. Daai kar was groter as die Suez Kanaal. Tydens familie reünies het ek, my ma, ouma Bettie, Stoffel, Miriam, die spysenierings personeel en die pleegsorg kind almal in die Audi geklim en die lang pad aangedurf. Dit was altyd ‘n helse fokken oproer om almal uit die kar uit te kry. My ma is ernstig besig in die truspieël met plastiese snykunde en finale grimmering opknappings, die pleegsorg kind steel Miriam se selfoon, ouma Bettie se oë is vol trane want vir die afgelope tien jaar is elke reünie haar laaste een, en uit vrees be...